Elf sterf toe dak van sportsaal by skool in China ineenstort  

Minstens elf mense is dood toe die dak van ‘n sportsaal by ‘n skool in Qiqihar in die noordooste van China ineengestort het. Na bewering is die meeste van die slagoffers skoolkinders, hoewel dit nog nie amptelik bevestig is nie. Die dak is glo bedek met ‘n soort vulkaniese glas, perliet, wat weens baie reën vog geabsorbeer, en toe ingetuimel het. Volgens die polisie is een persoon in verband met die voorval in hegtenis geneem.