Duitse LGBTQ-groep vra Hage om nie diskriminerende wette te onderteken

Nadat die omstrede wetsontwerpe wat selfdegeslaghuwelike in Namibië verbied, in die Nasionale Vergadering en Nasionale Raad goedgekeur is, het ‘n Duitse LGBTQ-groep ‘n beroep op President Hage Geingob gedoen om dit nie te onderteken nie. Die groep in Berlyn sê in ‘n mediaverklaring die konsepwette skend die regte van Namibiërs. Ses Namibiese afgevaardigdes het aan die Berlyn Pride deelgeneem. Aktivis, Knowledge Ipinge het op die nuus gereageer en gesê dit is hartseer dat mense wat eis dat hul regte gerespekteer word, nie ander mense se regte respekteer nie. Ipinge het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…