DA soek meer inligting oor slim-meters vir geysers

Die DA sê hy het ‘n versoek volgens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien om meer inligting te kry oor die installering van slim-meters. Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het onlangs die verpligte installering van slim-meters op huise se geysers aangekondig. Sy doel is om beurtkrag te bekamp en elektrisiteitsverbruik gedurende spitstye te verminder. Samantha Graham-Maré van die DA sê volgens die minister sal die program sowat 16 miljard Suid-Afrikaanse rand kos met ‘n meter wat ongeveer 3 000 rand sal kos.