DA: ANC gebruik boukontrakte om stemme te werf
Die DA in Gauteng sê dit is onrusbarend dat die ANC in die provinsie boukontrakte gebruik om stemme te werf en kader-ontplooiing bevorder voor die 2024-verkiesing. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Fred Nel, het die party geloofwaardige inligting ontvang dat die ANC die herstel van die Hendrik Potgieter-brug in Roodepoort vir hierdie doel inspan.