Cyril: Vroue se regte moet bevorder word
Die ANC-president Cyril Ramaphosa het ‘n beroep gedoen op die pasverkose leierskap van die Vroueliga om die regte van vroue te bevorder. Sisisi Tolashe is by die liga se konferensie in Johannesburg as president verkies is. Sy het 1 729 stemme gekry teenoor Thembeka Mchunu se 1 038 en die gewese liga-president, Bathabile Dlamini, se 170 stemme. Ramaphosa sê hulle moet seker maak vroue het gelyke verteenwoordiging in die werksplek en op senior vlakke. Hy sê dit beteken hulle moet die instelling van billike indiensneming en swart ekonomiese bemagtiging bevorder.