BBP-sekerheidsbeamptes bly in aanhouding
Die DA se voorsitter in Gauteng, Solly Msimanga, het finansiële vergoeding versoek vir drie Suid-Afrikaanse Weermag-rekrute wat vroeër hierdie maand deur adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermings-eenheid op die N1-hoofweg aangerand is. Die agt beamptes het verskyn in die landdroshof in Randburg op aanklagte van aanranding, opsetlike saakbeskadiging en die rig van ‘n vuurwapen. Hul borgtog-aansoek is tot Woensdag uitgestel en hulle bly in aanhouding by die Sandton-polisiekantoor. Msimanga sê die BBP-sekerheidsbeamptes het ‘n lang geskiedenis van mishandeling van burgerlikes