Vier vas oor gesteelde motor-onderdele van R1,1 miljoen by Ford

Vier verdagtes gaan môre in die landdroshof in Pretoria verskyn vir die diefstal en besit van vermeende gesteelde motor-onderdele van sowat 1,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale sê die inhegtenisnemings volg na ‘n klagte van die Ford-motormaatskappy. Die verdagtes is twee van die maatskappy se sekerheids-personeel, die eienaar van ‘n meganiese herstel-werkswinkel en ‘n vragmotorbestuurder van ‘n koeriermaatskappy. Hulle word beskuldig dat hulle 36 enjins van Ford gesteel het.