Sokker: Swede breek Banyana Banayna se harte
Sokker: Die magtige Sweedse vrouespan het Banyana Banyana met 2-1 in die Wêreldbeker-kragmeting in Wellington in Nieu-Seeland geklop. Die rustyd-telling was nul-elk. Die Suid-Afrikaners het in die 48ste minuut ‘n 1-0 voorsprong gehad toe Hilda Magaia die eerste doel geskop het. Doele van Swede se Fridolina Rolfo en Amanda Ilestedt in die 90ste minuut het Banyana se kans op ‘n sprokie uitgewis. Dit was die Suid-Afrikaners se eerste wedstryd by vanjaar se wêreldbeker. Die twee spanne is in Groep G saam met Argentinië en Italië.