Modise herhaal niks is op Lady R gelaai

Die Russiese vragskip Lady R was in Desember in die Simonstad-vlootbasis se hawe om “toerusting’ af te lewer wat al voor die Covid-pandemie deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bestel is, sê Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane. Modise het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag van Kobus Marais, DA-LP, herhaal dat niks op die Russiese skip gelaai is nie. Sy het dit duidelik gestel dat die Lady R toerusting afgelewer het wat deur die weermag in die 2018/19-boekjaar bestel is.