Kind steeds vermis na Jozi-ontploffing

Die Johannesburgse nooddienste sê hulle soek nog na ‘n kind wat as vermis aangemeld is, ná die ontploffing wat Woensdag groot skade in die Johannesburgse middestad aangerig het. Dit is steeds nie duidelik watter tipe gas die ondergrondse ontploffing veroorsaak het nie. ‘n Woordvoerder van die brand- en reddingsdienste, Fana Mnguni sê hulle werk saam met die polisie om meer inligting te bekom. Volgens Mnguni probeer hulle beeldmateriaal van die ontploffing kry, omdat die gebied nie veilig is vir reddingswerkers om ondergronds te soek nie.