Hittegolf-toestande duur voort in suide van Europa

Die hittegolf-toestande in die suide van Europa en dele van Amerika duur voort. Rekord-temperature van hoër as 40 grade Celsius kom op verskeie plekke voor, en bekende toeriste-bestemmings sluit oor die warmste tyd van die dag om besoekers te beskerm. Wetenskaplikes van die Wêreld-Meteorologiese Organisasie, sê toestande is ongewoon, maar hulle stel ondersoek in of die uiterste weerstoestande die gevolg is van klimaatsverandering, en of dit deel is van natuurlike weer-siklusse.