Arbeidskenner sê werkloosheid in Namibië lei tot mensehandel
Werkloosheid en die gebrek aan indiensneming in Namibië en die Suider-Afrikaanse streek word uitgewys as een van die bydraende faktore tot mensehandel. Dit is volgens die adjunk-eerste minister en minister van internasionale betrekkinge, Netumbo Nandi-Ndaitwah, tydens die 25ste vergadering van die SAOG Ministeriële Komitee van die Liggaam vir Politiek, Verdediging en Sekuriteit-samewerking wat in Windhoek plaasgevind het. Kosmos 94.1 Nuus het met Herbert Jauch, ‘n Namibiese arbeidskenner gepraat en beaam werkloosheid dra inderdaad by tot mensehandel…