VSA en Australië skop groot militêre oefening af

Amerika en Australië het met grootskaalse militêre oefeninge begin waarby meer as 30 000 soldate en deelnemers van 11 lande betrokke is. Die gesamentlike oefeninge word elke tweede jaar gehou. Vanjaar se oefeninge, wat twee weke sal duur, sal die grootste nóg wees. Die militêre oefeninge vind op verskillende plekke in Australië plaas en behels grond- en lug-oefeninge asook amfibiese landings. In Februarie het Suid-Afrika, China en Rusland gesamentlike militêre oefeninge aan die KwaZulu-Natalse kus uitgevoer.