Vier Thaise vroue wou US$1,2 miljoen in skoene uitsmokkel

Vier vroue van Thailand is by die internasionale lughawe in Delhi in Indië in hegtenis geneem. Die vier het probeer om buitelandse geldeenhede te smokkel. Volgens die Indiese doeane-owerheid is beslag gelê op verskeie geldeenhede ter waarde van 1,2 miljoen Amerikaanse dollar, waar onder dollar- en euro-note. Die kontant is in skoene versteek. Die vroue was van Mumbai na Bangkok onderweg.