Rugby: Windhoek Gim gee WAP ‘n loesingJuly 22, 2023
Rugby: Die wedstryd tussen die twee groot vyande van privaatskole in Windhoek het vir groot opwinding gesorg in die Standard Bank Rugbyliga-wedstryd. Windhoek Gimnasium se onder-19-span het op hul tuisveld vir Windhoek Afrikaanse Privaatskool afgeransel met ‘n finale telling van 39-13. Gimnasium het halftyd met 20-6 reeds voorgeloop. Die groot rugbyfees duur vandag voort by die velde van Windhoek Gimnasium.