Padverkeer op Krim-brug versper

Vervoerveiligheids-amptenare het padverkeer op die Krim-brug vir ‘n tyd lank versper, maar die rede vir die stap is nie verskaf nie. Die brug verbind Rusland met die Krim-skiereiland. Intussen beskuldig die Russiese owerhede van die Krim-gebied Oekraïne daarvan dat dié land probeer om infrastruktuur met hommeltuie aan te val. Twee burgerlikes is vroeër die week dood in ‘n ontploffing op die brug, waarna ‘n gedeelte van die pad gesluit is. In Oktober is uitgebreide skade aan die brug aangerig tydens ‘n ontploffing. Rusland het die Krim-skiereiland in 2014 geannekseer.