Mediese fonds stel opskorting van TransNamib lidmaatskap uit

Renaissance Health Medical Aid Fund het die opskorting van lidmaatskap vir TransNamib-personeel tot 7 Augustus uitgestel. Dit was aanvanklik geskeduleer om Maandag in werking te tree. Huidige en afgetrede werknemers van TransNamib was geskok toe hulle by die mediese fonds verneem het hul lidmaatskap sou Maandag weens wanbetaling opgeskort word. Volgens die mediese fonds betaal die spoorwegmaatskappy al vir maande lank nie hul lede se maandelikse premies nie. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die kwessie sou aangespreek word.