Krieket: Opdraande stryd vir Aussies in As-reeksJuly 22, 2023

Krieket: ‘n Opdraande stryd wag op Australië op die laaste twee dae van die vierde toets om die As teen Engeland op Old Trafford in Manchester. Die gashere het Vrydag ‘n skitterende eerstebeurt-telling van 592 behaal vir ‘n voorsprong van 275 lopies. Zak Crawley het 189 bygedra, en Jonny Bairstow ‘n onoorwonne 99 as deel van ‘n tiendepaaltjie-vennootskap van 66 lopies saam met die veteraan, James Anderson. Joe Root het 84 aangeteken, Harry Brook 61, en Moeen Ali en die kaptein, Ben Stokes, het ook vyftig-talle behaal. Josh Hazlewood het vyf paaltjies geneem. Australië sal vandag op 113 vir vier hervat.