Cyril op pad na tweede Rusland-Afrika-beraadJuly 22, 2023
President Cyril Ramaphosa vertrek dié naweek na Rusland vir die tweede Rusland-Afrika-beraad wat in St. Petersburg gehou word. Verskeie Afrika-leiers sal met die Russiese President Vladimir Putin samesprekings voer om betrekkinge tussen dié land en Afrika te versterk. ‘n Ontleder by Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede, Gustavo de Carvalho sê die beraad is belangrik omdat dit ‘n voortsetting kan wees van die Afrika-vredesending na Rusland en Oekraïne. Hy sê dit kan ook die geleentheid bied vir gesprekke oor die uitvoer-ooreenkoms oor graan uit Oekraïne waaraan Rusland hom onlangs onttrek het.