Uitheemse indringerplante uitgeroei 

Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê hy sal voortgaan met sy bewusmakingsveldtog om inwoners in te lig oor uitheemse indringerplante. Die munisipaliteit fokus hierdie maand op gemmerlelies. Die plant word as ʼn Kategorie 1b-onkruid en habitat-omvormer gelys en moet verwyder en vernietig word. Dit dring woude, plantasies en rivieroewers sowel as klam skaduplekke binne. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê gemmerlelies is moeilik om te beheer sodra dit gevestig is.