Taxi’s geraak oor afgesperde gebiede in Jozi
Die taxi-vereniging Santaco sê die bedryf word ernstig geraak deur strate wat in Johannesburg se middestad gesluit is na Woensdag se ontploffing. Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, het aangekondig sommige gebiede word afgesper hangend ondersoeke na die oorsaak van die ontploffing waarin een mens dood en 48 beseer is. Santaco se provinsiale sekretaris, Graham Fritz, sê die gebruik van alternatiewe roetes kan ‘n invloed hê op lisensie-ooreenkomste en pendelaars verontrief.