Tasa verheug oor nóg internasionale vlugte na NamibiaJuly 21, 2023

Die Toer- en Safari-vereniging van Namibië. Tasa, is verheug oor die goeie nuus van die Namibiese Lughawensmaatskappy dat verskeie internasionale lugrederye beplan om na die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te vlieg. Die lugrederye sluit in Zambia Airways, Edelweiss en KLM. Volgens Bisey/Uirab, uitvoerende hoof van die maatskappy, sal Edelweiss en KLM na verwagting binne die volgende 12 maande met vlugte na Namibië sal begin. As deel van die lughawensmaatskappy se roete-ontwikkelings-inisiatief het bestuur in April met vyf lugrederye in Europa vergader, naamlik British Airways, Condor Airlines, Edelweiss, Eurowings Discover en KLM. Nathaly Ahrens van Tasa het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…