Sokker: Safa stel vrou as hoof aan
Sokker: Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam, Safa, het die aanstelling van Romaney Pinnock as die hoof van vroue-sokker bekendgemaak. Sy is die stigters-direkteur van die Kaapstadse vroueklub, Badgers. Pinnock was voorheen die uitvoerende hoof van die Desmond en Leah Tutu-erfenisstigting, en ‘n vryskut-strategiekonsultant vir die Europese beheerliggaam, Uefa. Sy sê daar lê nog ’n lang pad voor om die spel vir vroue in die land op te hef tot die vlak wat dit verdien, maar sy is gereed vir die uitdaging.