Skade aan kraglyne in Jozi-middestad eers later bepaal
City Power sê hy sal eers die werklike skade aan kraglyne van die Bree-, Braamfontein- en John Ware-substasies kan bepaal wanneer die gebied van die ontploffing in die Johannesburgse middestad veilig verklaar word. Die drie substasies is Woensdag afgeskakel ná die vermoedelike gasontploffing in Breestraat waarin een persoon dood en 48 beseer is. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê die Bree-substasie is waarskynlik die ergste geraak omdat dit die naaste aan die ontploffing was.