Sanger Tony Bennett (96) oorlede

Die legendariese Amerikaanse pop- en jazz-sanger, Tony Bennett, is in die ouderdom van 96 oorlede. Bennett was bekend vir liedjies soos The Way You Look Tonight, Body and Soul en I Left My Heart in San Francisco. Hy is ook bekend vir sy optredes saam met sangers soos Lady Gaga, Aretha Franklin en Frank Sinatra – wat hom die beste sanger in die bedryf genoem het. Bennett het tydens sy sewe dekade lange loopbaan meer as 50 miljoen albums verkoop en 20 Grammys gewen – insluitend ‘n toekenning vir lewenslange prestasie.