Rugby: Legendes maak buiging vir Samoa July 21, 2023
Rugby: Samoa pak Japan môre in Hokkaido met ‘n voormalige All Black en ‘n gewese Wallabie in hul span. Die voormalige All Black-stut, Charlie Faumuina, en die oud-Wallaby-agterspeler, Christian Leali’ifano, gaan hul debuut vir die eilandnasie maak met die hoop om uiteindelik die Wêreldbeker-groep te haal. Die 36-jarige Faumuina het tot in 2017 50 toetse vir Nieu-Seeland gespeel, terwyl die 35-jarige Leali’ifano Australië tot vier jaar gelede 26 keer verteenwoordig het. Hulle word toegelaat om van lande te verander omdat hulle die afgelope drie jaar nie toetse gespeel het nie.