Namibiërs moet insette lewer in konsepwette
‘n Namibiese ekonoom sê Namibiërs moet insette lewer wanneer wetsontwerpe ter sprake is. Die ministerie van finansies het die Wetsontwerp op Verbruikers-krediet amptelik bekragtig wat daarop gemik is om ‘n regverdige en deursigtige verbruikers-kredietmark te skep terwyl krediet-verbruikers beskerm word. Die wetsontwerp is nou oop vir openbare konsultasie om insette van krediet-verskaffers soos onder meer mikroleners, banke, kleinhandel-winkels wat krediet aanbied, pandjieswinkels, skuldinvorderaars en kredietburo’s en individue wat krediet gebruik. Namfisa reël openbare konsultasies deur landwye vergaderings, wat ook aanlyn sal plaasvind. Dit sal gedurende Augustus in die streke van Erongo, Otjozondjupa, Kavango-Wes en -Oos, en Zambezi plaasvind. Ekonoom Gabriel Erastus, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat of die wetsontwerp deurgevoer sal word…