Meerderheid Europeërs ondersteun sanksies teen Rusland

Volgens die jongste meningspeiling Standard Euro-barometer-meningspeiling ondersteun 72 persent Europeërs ekonomiese sanksies teen die Russiese regering, maatskappye en individue. Die Europese Unie het omvattende en ongekende sanksies teen Moskou ingestel in reaksie op die oorlog teen Oekraïne. Dit sluit beperkende maatreëls op sekere teikens in, asook ekonomiese en handelsanksies. Daarby stem 66-persent saam dat staatsbeheerde media soos Sputnik en Russia Today verbied word om in die Europese Unie uit te saai. Vier-en-sestig-persent ondersteun die finansiering van die aankope en voorsiening van militêre toerusting aan Oekraïne.