Kadetkonstabels se opleiding om die draai

Die Namibiese polisie het aangekondig dat die voornemende kadetkonstabels, slegs diegene wie se name op die naamlyste verskyn, by die Ruben Danger Ashipala en Pius Joseph Kaundu polisie-opleidingsentrum op Ondangwa vanaf 28 tot 30 Julie moet aanmeld . Daar is ‘n hele paar voorwaardes:  Geen selfone, eie voertuie, skootrekenaars of rekenaars, wapens of skerp voorwerpe mag na die opleidingsentrums geneem word nie. Verder moet vroue slegs natuurlike haarstyle hê met geen pruike, verlengings en vlegsels nie, terwyl mans se haarstyl borselkop moet wees. Hulle moet toepaslike klere saamneem wat die weerveranderinge in Windhoek en Ondangwa in ag neem.