Gumboro-siekte lei tot hoendervrektesJuly 21, 2023
Pluimveeboere in die buurland het ‘n kommerwekkende toename in hoendervrektes aangemeld weens ‘n aansteeklike siekte bekend as gumboro-siekte. Dit is ‘n ernstige siekte wat aan die koue weerstoestande gekoppel word. Simptome sluit in depressie, waterige diarree, dehidrasie en dit tas hul vere aan. Pluimveeboere is op soek na alternatiewe verhittingsreëlings vir hul hoenderhokke. Boere word aangeraai om te verseker hul hoenders word ingeënt met die gumboro-entstof aangesien die siekte maklik versprei.