Bekende veearts het welslae by Rhino Momma-projekJuly 21, 2023

Die Suid-Afrikaanse Veeartsenykundige Vereniging en Rhino Repro het met welslae voortplantings-tegnieke vir renosters ontwikkel en geïmplementeer. Dit is ‘n baanbreker-inisiatief om renosters te bewaar en te beskerm. Dr. Morné de la Rey, ‘n Suid-Afrikaanse veearts en embrio-oorplasing-spesialis, is op besoek aan Namibiese renoster-reservate, onder meer die Rhino Momma-projek. Kosmos 94.1 Nuus het met Jaco Muller van Rhino Momma gesels, wat meer oor die sukses deel…