ActionSA: Vrystaatse premier kom nie beloftes na

ActionSA in die Vrystaat sê premier Mxolisi Dukwana het nie sy beloftes nagekom wat hy in Februarie in sy provinsiale rede gemaak het nie. Hy het onderneem om 11 000 onvoltooide huise klaar te bou en struikelblokke uit die weg te ruim wat voorkom dat projekte in samewerking met die Nasionale Huisbouers-registrasieraad afgehandel word. ActionSA se woordvoerder, Patricia Kopane, sê terwyl die provinsiale departement van menslike nedersettings probeer om ‘n sondebok te vind vir projekte wat nie voltooi word nie, het inwoners geduld verloor en neem nou sake in eie hande.