WGO: Wêreldwye afname in mans se spermtelling

‘n Verslag deur die Wêreldgesondheids-organisasie het bevind mans ervaar wêreldwyd ‘n afname in hul spermtelling- en gehalte. Die studie dui aan omgewingsbesoedeling, insluitend stowwe wat in persoonlike sorgprodukte soos seep, sjampoe en haarsproei voorkom, ‘n rol kan speel in die dalende vrugbaarheidsyfers. Ongeveer een uit elke ses paartjies is weens onvrugbaarheid geraak. Die teenwoordigheid van farmaseutiese produkte wat gevaarlike chemikalieë, nano-materiale en endokriene-ontwrigtende stowwe in persoonlike sorgprodukte bevat, is geïdentifiseer as potensiële faktore wat bydra tot die ontwrigting van reproduktiewe gesondheid.