Vryheidsfront Plus: ANC weerhou inligting oor Russiese vliegtuig op Waterkloof-lugmagbasis

Die Vryheidsfront Plus beskuldig die ANC daarvan dat hy inligting weerhou oor die privaat Russiese onderneming, Aviacon Zitotrans, se vragvliegtuig wat in April op die Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria geland het. Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, beweer die vliegtuig het diplomatieke klaring vir pos-aflewering gehad. Die onderneming kan volgens berigte internasionale sanksies verwag vir die vervoer van Russiese Leër-wapens. ‘n Ondersoek na die Russiese vragskip “Lady R” se besoek aan Kaapstad in Desember met ‘n vermeende vrag wapens is afgehandel. Die verslag word oor twee weke verwag en die VF Plus eis dat dit vrygestel word.