Trump kry weer bloedneus in siviele saak oor skrywer
‘n Federale regter het Amerikaanse oudpresident Donald Trump se mosie vir ‘n nuwe verhoor verwerp in die siviele regsaak wat die skrywer E. Jean Carroll teen hom aanhangig gemaak het. ‘n Jurie het Trump skuldig bevind aan seksuele misbruik en laster en Carroll sowat 90 miljoen Namibiese dollar aan skadevergoeding toegeken. Regter Lewis Kaplan het ook Trump se argumente vir die vermindering van skadevergoeding verwerp. Regter Kaplan sê die jurie se uitspraak in Mei was nie ‘n regsdwaling nie. Carroll het Trump in haar regsaak wat verlede jaar ingedien is, beskuldig dat hy haar in die 1990’s in ‘n kettingwinkel in New York se kleedkamer verkrag het en haar naam geskend het deur te ontken dit het gebeur.