TransNamib hanteer kwessie van mediese fondse

Huidige en afgetrede werknemers van TransNamib was geskok toe hulle by hul mediese fonds Renaissance Health Medical Aid Fund verneem het hul lidmaatskap word weens wanbetaling vanaf Maandag 24 Julie opgeskort. Volgens ‘n kennisgewing van TransNamib sou die opskorting van hul lidmaatskap eers in Januarie volgende jaar in werking tree. Dit is glo deel van die spoormaatskappy se koste-besnyding. Sowat 387 pensioenarisse word geraak. Volgens die mediese fonds betaal TransNamib al vir maande lank nie hul lede se maandelikse premies nie. Die woordvoerder van TransNamib, Abigail Raubenheimer, sê die kwessie word aangespreek…