SA repokoers bly onveranderd op 8,25%

Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld. Die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het besluit om die terugkoopkoers onveranderd te hou op 8,25 persent. Drie lede van die komitee het gestem om die koers bestendig te hou, terwyl twee gestem het vir ‘n verhoging van 25 basispunte. Die president van die bank, Lesetja Kganyago, sê beurtkrag en hoë kospryse is steeds risiko’s vir hoër inflasie. Daar is ook nou hoop dat Namibiese repo-koerse nie in Augustus sal verhoog nie wat tans op 7,75 persent staan.