Namibië spog nou met sy eie strepieskodeJuly 20, 2023
Die adjunkminister van handel Verna Sinimbo het Namibië se eie unieke strepieskode bekend gestel. Vir baie jare gebruik Namibië die Suid-Afrikaanse strepieskode met Namibiese produkte wat op die internasionale mark as Suid-Afrikaans beskou word. Volgens Sinimbo is die bekendstelling van 631 GS1 Namibia as nasionale strepieskode-stelsel, ‘n bewys van Namibië se reis as ‘n nasie en dit verteenwoordig Namibië se vasberadenheid om ‘n merk as ‘n onafhanklike land op die internasionale verhoog te maak. Sy sê die bekendstelling van die stelsel is ‘n erkenning aan elke Namibiese entrepreneur, vervaardiger en innoveerder wat dit gewaag het om te droom en grense oor te steek om Namibië vorentoe te dra op die wêreldwye verhoog.