Namibië hou buurland se rentekoers dop
Daar is goeie nuus oor inflasie in die buurland, maar sommige ekonome verwag steeds dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandag ‘n besluit sal neem oor ‘n rentekoers-styging van 25 basispunte. Inflasie het in Junie tot 5,4 persent gedaal van 6,3 persent in Mei, wat onder die boonste perk van die bank se teikenreeks van 3 tot 6 persent is. Die laaste keer dat inflasie onder 6 persent was, was in April verlede jaar. Voedsel-inflasie het die derde agtereenvolgende maand verlangsaam. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, ekonomiese ontleder by High Economic Intelligence Investment, gesels wat sê as Suid-Afrika sy rentekoers verhoog, sal Namibië in Augustus in sy voetspore volg.