Graanpryse styg na Swartsee-sage
Rusland sê hy sal alle skepe wat na Oekraïnse hawestede vaar as moontlike militêre teikens beskou. Dit volg nadat die Kremlin onttrek het aan ‘n internasionale ooreenkoms wat die veiligheid van Oekraïnse graan-uitvoere oor die Swartsee na wêreldmarkte gewaarborg het. Kiëf sê hy is besig om ‘n tydelike skeeps-roete via Roemenië te beding. Graanpryse op wêreldmarkte het skerp gestyg nadat Rusland aan die ooreenkoms onttrek het. Koringpryse op die Europese aandelebeurs het met 8,2 persent geklim en mieliepryse is met 5,4 persent op.