Een sterfte, 42 beseer in Johannesburg
Johannesburgse nooddienste het bevestig een liggaam is vanoggend gevind op die plek waar die vermoedelike gasontploffing in die Johannesburgse middestad Woensdagaand plaasgevind het. Minstens 41 mense is beseer toe dele van Breestraat onder die geweld van die ontploffing ingesak het. ‘n Woordvoerder, Robert Mulaudzi, sê hulle gaan voort om die gebied te deursoek.