Bus- en taxibestuurders kry opleiding

Die Namibiese Bus- en Taxivereniging, Nabta, het defensiewe bestuur- en noodhulp-opleidingskursusse vir alle bus- en taxibestuurders in die land ingestel. Volgens Nabta is tot dusver byna 500 taxi- en busbestuurders opgelei en daar word beoog om teen einde vanjaar 1 000 opgeleide bestuurders te hê. Die opleiding word aan groepe van tot 20 bestuurders op ‘n slag aangebied en wil verseker dat reisigers hul onderskeie bestemmings veilig en betyds bereik. Nabta se sekretaris-generaal, Pendapala Nakathingo het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van die opleiding…