Bradley Olivier sterf in hospitaalJuly 20, 2023
‘n Mediaverklaring van die familie van die akteur Bradley Olivier, beter bekend as Danny Jantjies in die sepie Binnelanders, het bevestig hy het vandag vreedsaam in die Life Flora-hospitaal gesterf. Hy was op lewensondersteuning nadat hy Maandagaand in die hospitaal opgeneem is. Die geliefde akteur word onthou vir sy merkwaardige talent, passie en die positiewe invloed wat hy op talle lewens gehad het. Bradley het sy debuut as akteur in die sepie Villa Rosa in 2007 gemaak en het in verskeie rolprente soos Vaselinetjie en Ballade vir ‘n enkeling gespeel.