Vliegtuie gestuur om brande in Griekeland te help blus

Die Europese Kommissie sê hy het vier Canadair-vliegtuie gestuur om Griekeland in die Attica-streek te help om veldbrande met waterbomme te bestry. Temperature het die afgelope tyd tot 46,3 grade Celsius gestyg. Die kommissie het ook brandbestryders van Roemenië daarheen gestuur. Sedert Maandag word Griekeland deur talle veldbrande geteister wat onder andere daartoe gelei het dat 1 200 kinders uit ‘n somerkamp na veiligheid geneem moes word. Intussen bly rooi waarskuwings in Italië, Spanje en Griekeland van krag wat mense waarsku teen ernstige gesondheidsgevare as gevolg van die intense hitte.