Venaani: Arm gemeenskappe ly onder prysstygings
Die leier van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement McHenry Venaani, het onlangs die Bakgalagadi-gemeenskap in die Aminuis-kiesafdeling in die Omaheke-streek besoek waar hy sê kwessies van onder-ontwikkeling, werkloosheid en armoede was die fokuspunte in hul gesprekke. Venaani sê dat die minderheids-gemeenskappe werklik agterweë gelaat word deur die Namibiese regering. Venaani sê die prysstyging van onder meer voedsel en kragtariewe het ‘n erge impak het op gesinne wat geen of ‘n lae inkomste verdien.