Swakop voltooi meer bouprojekte as Windhoek
Bouplan-goedkeurings deur die Swakopmundse munisipaliteit het volgens Simonis Storm gedurende Junie op die kusdorp met 50 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem. Konstruksie van projekte het egter ‘n opwaartse wending op Swakopmund geneem. Die voltooiing van projekte het met 33,8 persent op ‘n jaargrondslag in Windhoek afgeneem, maar het in Junie met 694,4 persent op ‘n jaargrondslag in Swakopmund gestyg. Voltooiings was hoofsaaklik gefokus op huise en woonstelle, wat verantwoordelik was vir 57 persent van die voltooide projekte, terwyl aanbouings en veranderings 43 persent van alle voltooiings uitmaak.