Stad Tshwane plant spekbome
Die burgemeester van die Stad Tshwane, Cilliers Brink, sê die metro het 67 spekboomplante by die JNF Walter Sisulu Omgewingsentrum in Mamelodi geplant. Die instelling is in September 2004 gestig en is ‘n spesifiek ontwerpte wetenskap-sentrum om die omgewing te ontdek met aktiwiteitsgedrewe leerprogramme. Brink sê Tshwane het meer bome in dorpsgebiede nodig om gesonde leefruimtes te skep.