Pentagon bekommerd oor VSA soldaat in Noord-Korea
Die Pentagon het sy kommer uitgespreek oor die welstand van ‘n Amerikaanse soldaat wat in Noord-Korea aangehou word nadat hy sonder toestemming die grens vanuit Suid-Korea oorgesteek het. Amptenare sê die 23-jarige Travis King is na die lughawe vergesel, maar in plaas van op sy vliegtuig te klim, het hy by ‘n toer na Panmunjom aangesluit. Daar het hy van die groep weggebreek en oor die grens na Noord-Korea gehardloop. Amerika en Noord-Korea het nie amptelike diplomatieke betrekkinge nie. Die Sweedse ambassade in Pyongyang tree as skakel vir Amerika op.