Oudpresident van Panama tronk toe gestuur
‘n Hof in Panama het die oudpresident Ricardo Martinelli, vir langer as tien jaar tronk toe gestuur vir geldwassery. Die sogenaamde New Business-saak het gehandel oor hoe openbare fondse gebruik is om ‘n media konglomeraat te koop waarin die oud-president die grootste aandeel gekry het. Die hof het ook gelas dat Martenelli ‘n boete van 19 miljoen Amerikaanse dollar betaal. Sy regsverteenwoordiger, Carlos Carrillo, sê sy kliënt sal hom steeds verkiesbaar kan stel as president, aangesien daar genoeg tyd is om die hofuitspraak te betwis. Hy sê uit ‘n strafregtelike oogpunt word Martinelli se kandidaatskap nie geraak nie.