Nampol soek gewapende rowers se voertuig
Die Namibiese polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help om die voertuig van die gewapende rowers van die Eros-inkoopsentrum in die hoofstad op te spoor. Die Namibiese polisie is tans op die toneel en geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…